Die elektriese weerstand van 'n voorwerp is 'n maatstaf van die teenstand of verset teen die deurlating van 'n bestendige elektriese stroom. 'n Voorwerp met 'n uniforme deursnee het 'n weerstand direk eweredig aan sy lengte en omgekeerd eweredig aan die deursnee-area, en direk eweredig aan die resistiwiteit van die materiaal. Die wedersydse van elektriese weerstand is elektriese konduktansie of elektriese geleidingsvermoë.
Elektriese weerstand is ontdek deur Georg Simon Ohm in 1827,[1] en deel sommige konseptuele ooreenkomste met die meganiese verskynsel van wrywing. Die SI eenheid vir elektriese weerstand is die ohm (Ω). Weerstand se omgekeerde notasie is elektriese konduktansie gemeet in siemens.
Vir verskeie materiale en toestande is die elektriese weerstand nie afhanklik van die hoeveelheid stroom deur, of die potensiaalverskil (volt) oor die voorwerp nie, wat beteken dat die weerstand, R, konstant bly vir 'n gegewe temperatuur en materiaal. Daarom kan die weerstand (R) van 'n voorwerp gedefinieer word deur die verhouding tussen die potensiaalverskil en die stroom, soos uiteengesit in Ohm se wet:
Die elektriese konduktansie of geleidingsvermoë (G) is gedefinieer word deur die verhouding
In die geval van 'n nie-lineêre geleier, kan hierdie verhouding verander soos die potensiaalverskil of stroom verander; die omgekeerde helling van 'n koord tot 'n I-V-kurwe word soms na verwys as 'n "koordale weerstand" of "statiese weerstand".[2][3] Die statiese weerstand is nog steeds die kwosiënt van die spanning en die stroom maar is hierdie geval is die weerstand nie die gradiënt van die kurve nie. Die koordale weerstand is die gradiënt van die kurve:
{{cite web}}
: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)